Lede van die EFF, insluitend die leier van die party, Julius Malema, het gister uit die verhoor gestap wat bedoel is om te bepaal of hulle enige etiese reëls oortree het tydens vanjaar se staatsrede. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die staatsrede ontwrig het en ook dat hulle die verhoog bestorm het. Hulle word aangekla vir minagting van die parlement. Die parlement se Bevoegdhede en Voorregte-komitee het gister met sy verhoor oor die voorval begin en voortgegaan nadat die EFF-lede uitgestap het. Advokaat Anton Katz is as inisieerder aangestel. Die verhoor gaan vandag voort.