Die EFF sê hulle sal die onmiddellike skrapping van vervalmandate vir ongebruikte voorafbetaalde data en lugtyd in die parlement nastreef.

Volgens die party is data en lugtyd nie bederfbare goedere nie en behoort dus nie te hoef te verval nie.

Die EFF glo die vervalperiodes beperk Suid-Afrikaners se toegang tot inligting, werksgeleenthede en onderwys.

Hulle sê dit sal ook ‘n hersiening van data- en lugtydprysplanne vereis, aangesien die land van die hoogste tariewe het.

Intussen beplan die EFF ook om die vestiging van gratis Wifi-brandpunte in openbare gebiede te eis.

error: Inhoud is beskerm !!