Die EFF het ʼn klag teen die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, by die parlement se etiekkomitee gelê en dreig om dit ook by die Openbare Beskermer te doen.

Dit gaan oor die koste van die minister se besoek aan die Olimpiese Spele.

Minister McKenzie het intussen toegegee dat die meer as R450 000 vir sy grondvervoer in Parys en R113 000 vir sy hotelverblyf buitensporig was.

Die totale koste wat die departement aangegaan het vir sy bywoning het net meer as R800 000 beloop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×