Die EFF-leier, Julius Malema, het in Limpopo sy ondersteuners aangemoedig om onbewoonde grond te beset. Malema het van sy ondersteuners op ‘n saamtrek buite Mokopane toegespreek nadat ‘n aantal grondbesetters in die omgewing in hegtenis geneem is. Malama het gesê hulle moet volhou om grond te beset omdat dit aan hulle behoort. Hy het ook sy standpunt herhaal dat witmense se grond nie werklik aan hulle behoort nie, maar dat hulle dit van swartmense gesteel het.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×