Julius Malema, leier van die Economic Freedom Fighters, of EFF, is vandag terug hof toe oor bewerings dat hy in Julie 2018 die sneller van ‘n vuurwapen by ‘n EFF-byeenkoms getrek het.

Netwerk24 berig AfriForum het die klagte in 2018 teen Malema aanhangig gemaak, nadat videomateriaal versprei is waarin dit voorkom dat hy ‘n vuurwapen roekeloos in die openbaar afvuur.

Die hofverrigtinge in die streekhof in Oos-Londen is weens buurtkrag vertraag.

Malema verskyn saam met sy medebeskuldigde en lyfwag, Adriaan Snyman.

Malema staan tereg op aanklagte van die onwettige besit van ‘n vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie en drie aanklagte van die oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×