Die EFF sê die beëdigde verklaring met korrupsiebewerings teen sy leiers, oor die ineenstorting van VBS Mutual Bank, is ongegrond. Luidens Tshifiwa Matodzi, veroordeelde voormalige VBS-voorsitter se verklaring, het die EFF glo skenkings van nagenoeg R16-miljoen ontvang.

Die verklaring vervat inligting oor beweerde vergaderings tussen Matodzi en die EFF-leiers, Julius Malema, Floyd Shivambu en Marshall Dlamini. Party-woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, noem die aangeleentheid ‘n obsessie om die EFF by VBS-korrupsie te betrek, en maak dit as blote teistering af. Matodzi is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir sy rol in bedrog en geldwassery wat tot die ineenstorting van VBS gelei het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×