Tydens die EFF se kongres in Johannesburg hierdie naweek beplan die party om onder meer na ’n alternatiewe Afrikaanse lied te kyk om die uittreksel van die huidige Stem in die nasionale volkslied te vervang.

Die kwessie is ingesluit as deel van die sport-, kuns- en kultuurbesprekingspunt, maar ander onderwerpe, soos die hernoeming van strate, riviere en dorpe, sal ook aangespreek word.

Volgens Netwerk24 moet die nuwe weergawe van die volkslied blykbaar meer ooreenstem met die waardes van die demokratiese gemeenskap.

EFF-leier Julius Malema het reeds tydens ’n vorige mediakonferensie voor vanjaar se verkiesing soortgelyke argumente geopper.

Daar word verwag dat byna 2 500 afgevaardigdes die konferensie sal bywoon.

Terwyl Malema waarskynlik vir ’n derde termyn as leier verkies sal word, is daar groter belangstelling oor wie as adjunkleier verkies sal word, gegewe Floyd Shivambu se afwesigheid

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×