Die EFF sal na verwagting vandag die hooggeregshof nader om die skorsing van sy parlementslede, of LP’s, te probeer verbied. Ses van die party se LP’s  is deur die parlement geskors omdat hulle die verhoog tydens die staatsrede in Februarie vanjaar bestorm het. Hulle is ook beveel om president Cyril Ramaphosa, die parlement en die publiek om verskoning te vra vir hul gedrag. Die EFF-lede, insluitend die leier van die party, Julius Malema, sal ook een maand se salaris verbeur. Die party voer aan dat sy protes vreedsaam was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×