Die EFF se beplande betoging more by die Brackenfell-hoërskool in Kaapstad gaan klaarblyklik volstoom voort

 Die EFF se beplande betoging more by die Brackenfell-hoërskool in Kaapstad gaan klaarblyklik volstoom voort

Foto: Daily Maverick

Die EFF se beplande betoging more by die Brackenfell-hoërskool in Kaapstad gaan klaarblyklik volstoom voort.
Die Wes-Kaapse minister van Onderwys, Debbie Schäfer, sou vandag met die party vergader oor sy bekommernisse oor die skool.
Die EFF se verteenwoordigers het haar egter ingelig dat hulle te besig is met voorbereidings vir môre se protesoptrede en nie tyd kan afstaan om ‘n oplossing te bespreek vir die redes vir die betoging nie.
EFF-lede het vroeër by die skool betoog oor bewerings van rassisme nadat net wit leerlinge glo ‘n private matriekafskeid bygewoon het.

LeandreAdmin@