Die EFF sê hy is geensins gepla oor die DA se besluit om Julius Malema by die Verenigde Nasies se Menseregteraad aan te kla nie.
Die besluit spruit uit die woorde van dreunsang, sowel as gedeeltes van Malema se toespraak, wat ten tyde van die EFF se tienjaarvieringe in Soweto gehoor is.
Die woorde word wyd as haatspraak beskou, en dit word ook as ‘n direkte bedreiging vir die veiligheid van uitgesondere groepe in Suid-Afrika gesien.
‘n EFF-woordvoerder, Sinawo Tambo, het gesê die dreunsang is ‘n revolusionêre bevrydingslied.
Intussen het die Suid-Afrikaans gebore miljardêr, Elon Musk – ten aanskoue van miljoene mense van reg oor die wêreld – aan president Cyril Ramaphosa gevra waarom hy oor Malema se omstrede dreigemente swyg.
Musk het in ‘n sosialemedia-plasing laat blyk hy is van mening die EFF doen aanvoorwerk vir volksmoord op wit mense in Suid-Afrika.