Die leier van die EFF, Julius Malema het uitgevaar teen die regering van nasionale eenheid (RNE), en sê die regering breek die staatsdiens af in sy strewe om dit te privatiseer.

Malema het EFF-lede toegespreek by die party se nasionale kieskonferensie in Johannesburg.

SABC-nuus berig hy sê die land staar ‘n ekonomiese krisis in die gesig, weens verkeerde beleidskeuses. Malema het in sy politieke verslag van meer as drie ure, nie doekies omgedraai oor verskeie kwessies nie.

Hy het die leier van die Umkhonto WeSizwe-party, Jacob Zuma, veroordeel oor sy pleidooi vir swarteenheid, en het gevra waarom dit nie sigbaar was tydens die Marikana-slagting, en die “Fees must fall”-veldtog toe Zuma president was nie.

Malema het verder sterk uitsprake gemaak teen rassisme en koloniale ekonomiese strukture, en daarop gesinspeel dat ‘n samelewing wat uit geweld gebore is, slegs deur geweld getransformeer kan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×