Die saak teen Julius Malema en Adriaan Snyman, wat verband hou met vuurwapenbeheer, sal Maandag 9 Desember in die Oos-Londen-streekhof voortgaan.

Maroela Media berig  AfriForum het die klag in 2018 gelê nadat beeldmateriaal gewys het hoe Malema by ’n EFF-saamtrek ’n wapen afvuur.

Die hoofwoordvoerder van AfriForum-gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, voer aan dat die hofsaak van groot belang is, aangesien niemand op so ’n roekelose manier sonder gevolge mag optree nie. Dit beklemtoon ook dat mense in magsposisies nie bo die gereg is nie.

Malema voer in sy verdediging aan dat die wapen wat glo afgevuur is, ’n speelgoedgeweer was.

Terwyl die staat sy saak gestel het met 19 getuies, sal die saak, ná ’n lang vertraging, uiteindelik voortgaan met die slotbetoë van die aanklaer sowel as die beskuldigdes se verdediging.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×