Die EFF het by vandeesweek se staatsrede-debat aangedui dat dié party ’n ooreenkoms met die Russiese staats-kernenergiemaatskappy, Rosatom, steun, in ‘n poging om die voortslepende energiekrisis in die land op te los.

Besprekings rakende die kragkrisis het gister die bo-toon by die debat gevoer.

Die EFF se Floyd Shivambu het gesê hulle is positief oor vooruitsigte dat Karpowership, en ander kragvoorsieningseenhede vanuit China en Rusland, moontlik kan help om krag aan Suid-Afrika te verskaf.

Intussen het die EFF-leier, Julius Malema, gesê die party se ontwrigting van die staatsrede – wat ‘n week gelede deur president Cyril Ramaphosa in die Kaapstadse stadsaal gelewer is – is maar net ‘n voorsmakie van dit wat die land te wagte kan wees.

Die EFF is van voorneme om die ganse land op Maandag 20 Maart deur protesoptrede tot stilstand te dwing.

Malema het gesê die EFF sal weier om te rus totdat Ramaphosa bedank.

Die party het onderneem om álles moontlik te doen om te verseker dat Ramaphosa as president van die land verwyder word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×