Die EFF sê die party gaan keer dat president Cyril Ramaphosa volgende maand sy staatsrede vanuit Kaapstad lewer.

Dié party se beweegrede vir die dreigement is sy ontevredenheid oor die algehele hantering van die omstrede Phala Phala-sage.

Gebeure op dié wildsplaas in Limpopo sluit dalk talle beweerde misdrywe in.

Die party het sy veldtog – wat met hierdie bewerings verband hou – verskerp deur twee dringende aansoeke by die Konstitusionele Hof in te dien.

Die een aansoek het betrekking op Ramaphosa se eie aansoek, waarin hy vra dat die Phala Phala-verslag op hersiening geneem moet word.

In sy ander aansoek vra die EFF dat daar weer oor die aanvaarding of verwerping van die verslag gestem moet word.

Die EFF wil glo toesien dat die stemmery hieroor, asook die uitslag daarvan, as ongrondwetlik verklaar sal word.

Hy het gesê die rede hiervoor is die feit dat ‘n geheimestemmingsformaat nie gevolg is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×