Die ekonomie het in die eerste kwartaal van die jaar met 1,1% gegroei

Statistieke Suid-Afrika het bekend gemaak dat die ekonomie in die eerste kwartaal van die jaar met 1,1% gegroei het.

Die syfers toon dat die finansiële-, mynbou- en handelbedrywe die grootste bydrae ten opsigte van die produksiekant van die ekonomie gelewer het.

Die ekonomie is egter steeds 2,7% kleiner as in die eerste kwartaal van 2020.

Volgens SSA het die BBP op ‘n jaargrondslag in die eerste kwartaal met 3,2% gekrimp, in vergelyking met die eerste kwartaal verlede jaar.

Luister na potgooie hieronder