Die vertalingstoesigkomitee van die Engelse standaardweergawe (ESV) Bybel het aangekondig dat dié vertaling sy eerste teksbywerkining in byna ‘n dekade ondergaan.
Die hersiening sluit 36 teksgedeeltes en 42 verse in. Volgens die komitee is die veranderinge daarop gemik om akkuraatheid en duidelikheid te verbeter, en sal geleidelik oor die volgende twee jaar uitgerol word.
Die TOC, ‘n staande komitee van die Crossway Raad van Direkteure, hou toesig oor die ESV se publikasie en verseker die getrouheid aan die oorspronklike Bybelse tekste daarvan.
Die jongste bywerking behels 68 woordveranderinge wat ongeveer een per 11,000 woorde van die vertaling is, tesame met wysigings aan 57 voetnote en leestekenaanpassings in 14 verse.