Die familie van George Floyd het ‘n vergoedingsooreenkoms van 27 miljoen dollar met die stadsraad van Minneapolis bereik

Die familie van George Floyd wat verlede jaar aan die hand van die Amerikaande polisie gesterf het, het ‘n vergoedingsooreenkoms van 27 miljoen dollar met die stadsraad van Minneapolis bereik.

Dit kom enkele weke voor die verhoor begin van die polisiebeampte wat van sy moord aangekla word. Die dood van Floyd het wêreldwyd tot betogings gelei.

Luidens berigte het die stadsraad die vergoedingsbedrag eenparig goedgekeur. Dit is die grootste burgerlike skikkingsbedrag, voor ‘n verhoor plaasvind, wat tot nóg toe in Amerika bereik is.

Volgens inligting sal 500-duisend dollar van die geld gebruik word vir opheffingswerk in die gemeenskap waar Floyd dood is.

Luister na potgooie hieronder