Twee mans van Pretoria sal na verwagting Dinsdag op aanklagte van kinderpornografie en seksuele mishandeling in die hof verskyn. Die inhegtenisname het gekom ná ‘n samewerkende ondersoek tussen die Federale Buro vir Ondersoek (FBI) en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).
Volgens Central News is die eerste verdagte in Vanderbijlpark inhegtenis geneem. Die 49-jarige man het na bewering sy meisie se 15-jarige dogter seksueel misbruik. In ‘n afsonderlike voorval is ‘n 41-jarige voormalige skoolhoof op aanklag van die blootstelling van kinders aan kinderpornografie en die seksuele misbruik van jong seuns in hegtenis geneem.
SAPD-woordvoerder, Amanda van Wyk sê daar is by beide verdagtes op verskeie elektroniese toestelle wat vermoedelik seksuele kindermishandeling beelde en video’s bevat beslag gelê.