Die minister van finansies, Enoch Godongwana, gaan luidens gerugte die snoeiskêr met ‘n swaar hand inlê wanneer hy Oktober se mini-begroting bekend maak.

Terwyl verskeie provinsies – die Vrystaat inkluis – reeds nie die mas kan opkom nie, blyk dit dat provinsiale begrotings drastiese besnoeiings te wagte kan wees.

Die begrotings vir onderwys en gesondheid is glo bo-aan die lys.

Doktor Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, en ook die party se premierskandidaat, het aan Rosestad-nuus gesê belastingbetalers voer ‘n verbete stryd om oorlewing, terwyl die regering die inwoners se swaarverdiende geld oënskynlik as ‘n bodemlose put beskou.

Volgens Jankielsohn moet besnoeiings beslis aan die administratiewe kant begin, en nié by departemente wat dienste behoort te lewer wat lewensnoodsaaklik is nie:

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×