Die finansiële krisis by Denel duur voort

Die finansiële krisis by die staatsbeheerde wapenvervaardiger Denel, wat reeds vir jare in geldelike moelikheid is, duur steeds voort met talle werknemers wat nog nie verlede maand se salarisse ontvang het nie, terwyl ander personeel slegs tussen 30
en 50 persent van hul salarisse ontvang het.

Luidens berigte het die wapenvervaardiger ‘n gesamentlike verlies van sowat R5-miljard die afgelope drie jaar gely.

Dit volg nadat hy twee winsgewende kontrakte in die Midde-Ooste en Noord-Afrika kwyt is.

Helgard Cronje, die adjunk-hoofsekretaris van Solidariteit, sê die regering moet dringend ingryp, want dit blyk nie dat Denel se bestuur of die raad enige oplossings vir die krisis het nie.

Luister na potgooie hieronder