Die finansiële reguleerder Prudential Authority, wat onder die Nasionale Tesourie val, sê hy is uiters bekommerd oor die bewerings teen sommige Suid-Afrikaanse banke.  Dit nadat ‘n internasionale nuusnetwerk-dokumentêr Standard Bank, Absa en Sasfin betrek het by goudsmokkelbendes.  Die bendes was geld in ruil vir gunse. Standard Bank sê hy het ‘n nul-verdraagsaamheid standpunt oor bedrog en misdadigheid.  Die bank sê hierdie bewerings word in ‘n ernstige lig beskou en het bevestig dat behoorlike prosesse intern gevolg word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×