Die fokus van die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Desember verskuif na die ander topses poste in die party omdat dit nie lyk asof president Cyril Ramaphosa in dié stadium ernstige kompetisie het nie. Die Volksblad berig dit was Sondag die reaksie van politieke ontleders, omdat dit blyk dat niemand, selfs nie eens diegene in die faksie vir radikale ekonomiese transformasie, meer vir Ramaphosa om die presidentskap wil uitdaag nie. Dit was eintlik al gou duidelik dat daar geen mededinging om die nommereen-pos is nie. Die mededinging gaan volgens die onafhanklike politieke ontlerer, Theo Venter, eintlik eerder oor twee of drie ander belangrike poste. Alle aanduidings is glo dat Ramaphosa sterk op pad is om op die ANC se verkiesingskonferensie in Desmber vir ‘n tweede termyn tot ANC-leier verkies te word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×