Die Franse maatskappy – Thales – se aansoek in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg van die hand gewys

Die Franse maatskappy – Thales – se aansoek in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg dat ‘n klag van rampokkery ter syde gestel word, is deur die hof met koste van die hand gewys.

Thales saam met aangewese president, Jacob Zuma, staan tereg op aanklagte van korrupsie, rampokkery en geldwassery.

Die aamklagte hou verband met die multi-miljard randse wapentransaksie in 1999.

Thales het aangevoer dat die Nasionale Vervolgingsgesag hulle nie van rampokkery kan aankla nie, omdat daar geen bewyse is van Thales se betrokkenheid nie.

Thales se aansoek was een van die regspunte wat afgehandel moes word, voordat die verhoor op 23 Februarie kan begin.

Luister na potgooie hieronder