Die FW de Klerk-stigting vra dat politieke partye wat lojaal is aan die land se Grondwet sal verenig. Die stigting vra dat partye fokus op dit wat in die beste belang van die land is, naamlik ʼn regering van grondwetlike eenheid.

Dit kom terwyl politieke partye met mekaar in gesprek begin tree oor ʼn moontlike koalisieregering. Die uitvoerende direkteur van die stigting, Christo van der Rheede, sê daar is ʼn verskil tussen ʼn regering van grondwetlike eenheid en ʼn regering van nasionale eenheid.

ʼn Regering van nasionale eenheid is een van alle partye wat setels in die parlement gekry het, maar ʼn regering van grondwetlike eenheid is een van partye wat lojaal aan die Grondwet is. Rheede sê dit is nou belangrik dat die land se demokrasie beskerm word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×