Die G7-groep van die wêreld se rykste lande het miljarde dollar aan die Verenigde Nasies se COVAX-progam belowe

Die G7-groep van die wêreld se rykste lande het miljarde dollar aan die Verenigde Nasies se COVAX-progam belowe vir inentings teen die coronavirus. Volgens ‘n verklaring wat ná ‘n virtuele konferensie met G-7-leiers uitgereik is, het hulle nóg geld vir die program belowe. Duitsland het reeds twee-komma-een miljard euros tot die fonds bygedra, wat gelykstaande is aan meer as 37-miljard rand. Amerika het vroeër nog twee miljard dollar oor die volgende twee jaar tot die program bewillig. Hul totale bydraes beloop tans sewe-komma-vyf miljard dollar.

Luister na potgooie hieronder