Die Gardenia-Kwikspar het minimale skade opgedoen nadat ‘n brand Maandagaand ontstaan het

Die Gardenia-Kwikspar in die Wilgehof woonbuurt in Bloemfontein het minimale skade opgedoen nadat ‘n brand Maandagaand in die winkel se kombuis ontstaan het.

Dit is danksy die vinnige optrede van die AfriForum-buurtwag wat saam met hulle mediese en veiligheidsvenote Med24 en VR Sekuriteit binne enkele minute op die toneel opgedaag het nadat hulle die oproep gekry het.

Volgens Netwerk24 is die brand omstreeks 9:20 die aand geblus.

‘n Werknemer van die winkelgroep sê die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Die winkel was reeds Dinsdag weer oop vir handel.

AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid in die sentrale streek, Joseph Renaud, het gesê dit is weer eens ‘n bewys dat AfriForum se spesialisopleiding, toerusting, plaaslike en nasionale radionetwerke en samewerking uiters suksesvol is.

Luister na potgooie hieronder