Die Gariepdam gemeenskap bekommerd oor werksgeleenthede wat nie gerealiseer het nie

Die Gariepdam gemeenskap in die Vrystaat sê hulle is bekommerd dat werksgeleenthede wat geskep sou word deur die oprigting van die Sentrum vir Landboutegnologie nie gerealiseer het nie. Die projek wat 30 jaar gelede gevestig is as ‘n samewerkingsprojek met China, om as ‘n navorsings-, opleidings- en demonstrasiesentrum te dien vir verskillende varswatervisspesies in die provinsie. Miljoene rande is in 2013 bestee om die sentrum op te gradeer maar inwoners van die gebied sê hulle het nog nooit voordeel getrek uit die visbroeiprojek nie.

Luister na potgooie hieronder