Wetstoepassers het 15 mense uit ‘n huis in Sandringham, in Johannesburg, gered. Owerhede het volgens SABC News, op ‘n wenk van bure oor verdagte aktiwiteite by die huis gereageer.

Met hul aankoms het die owerhede 15 naakte individue gevind, wat vermoedelik Ethiopiese burgers is wat in die huis gevange gehou is.

Nog 11 mense is vir mediese behandeling hospitaal toe geneem. Dit was ‘n gesamentlike operasie tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Gautengse Valke, JMPD en private sekuriteit.

Drie verdagtes is in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by mensehandel en die onwettige besit van ‘n vuurwapen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×