Die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, het sekere onafhanklike skole skerp veroordeel omdat hulle besluit het om skole vandag te heropen

Die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, het sekere onafhanklike skole skerp veroordeel omdat hulle besluit het om skole vandag te heropen.
Dit is ondanks die bepaling van die Departement van Basiese Onderwys dat skole eers op 15 Februarie sal open weens die hoë Covid 19 infeksiekoers.
Die onderwysvakbond Naptosa het intussen bevraagteken waarom onderwysers twee weke vroeër as leerlinge na skole moet terugkeer.
Die Departement van Basiese Onderwys het onderwysers aangesê om op 1 Februarie terug te keer om administratiewe pligte uit te voer.
‘n Woordvoerder van die Vrystaatse Onderwysdepartement, Howard Ndaba, sê 8 onderwysers wat matriekvraestelle in die Vrystaat nagesien het, het positief getoets vir die Covid-19, en dat die onderwysers tans by hulle huise in self-isolasie is.

Luister na potgooie hieronder