Die wêreld gaan dalk binnekort insig kry oor Michael Schumacher se mediese welstand in ʼn nuwe dokumentêre reeks. Volgens The Sun gaan daar ʼn reeks in Duitsland op 28 Desember uitgesaai word op die 10-jaar herdenkingsdag van die viermalige Formule Een-kampioen se ski-ongeluk. Hy word steeds in talle F1-kringe as die beste renjaer ooit beskou. Schumacher het in 2013 tydens ‘n familie ski-vakansie geval en sy kop gestamp. Hy was in ʼn koma gehou vir 250 dae. Bespiegelinge dat hy steeds nie kan loop of praat nie, sal dan glo aan die wêreld bekendgemaak word. Besonderhede oor Schumacher se welstand is uiters geheim gehou deur sy familie, en daar word verwag dat die dokumentêr sy huidige toestand sal onthul.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×