Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sê sy departement is nou gereed om te kyk na die wysiging van die geldigheidstydperk van vyf jaar wat tans op bestuurslisensiekaarte in Suid-Afrika van toepassing is. Mbalula het vroeër vanjaar ‘n span by die Padverkeersbestuurskorporasie opdrag gegee om ʼn verslag saam te stel wat fokus op hoe die verlenging van lisensies tot tien jaar, veiligheid en inkomste kan beïnvloed. Dié navorsing is nou voltooi. Mbalula het egter gesê dat hy geen verdere inligting kan verskaf alvorens sy voorstel deur die kabinet bestudeer is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×