Die Nasionale Vervolgingsgesag veroordeel die onregmatige uitlek van ‘n beëdigdeverklaring waarin vinger oor beweerde korrupsie na die leiers van die EFF gewys word. Tshifhiwa Matodzi, voormalige hoof van VBS-bank, het skuld beken op 33 aanklagte van korrupsie, diefstal, bedrog en geldwassery.

Die gelekte verklaring stel dit dat Julius Malema en Floyd Shivambu van die EFF, glo by sekere korrupte transaksies van meer as R2,2-miljard betrek is. Die NVG sê die uitlek van hierdie stukke ondermyn regspleging, en dit kan selfs die lewe van ondersoekers en aanklaers in gevaar stel. Die Direkteur van Openbare Vervolging het opdrag gekry om die saak te ondersoek, sodat skuldiges tot verantwoording geroep word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×