Woedende lede van die gemeenskap het ‘n man in Thaba Nchu aangerand nadat hy beweerlik ‘n seun vermoor het.
Luidens ’n polisieverklaring was ’n groep mense reeds op die toneel toe die polisie aangekom het.
In die erf was die liggaam van ’n seun met ’n steekwond aan sy nek.
’n Aangerande man met verskeie wonde was tussen die groep mense.
Hy is daar in hegtenis geneem op aanklag van moord en na die hospitaal geneem om onder polisiebewaking te herstel.
Die omstandighede van die moord word ondersoek. Die verdagte bly in polisiebewaking en sal na verwagting binnekort in die Selosesha-landdroshof verskyn.