Die gemoedere het hoog geloop by die Mangaung-Metroraad se raadsvergadering Donderdag

Die gemoedere het hoog geloop by die Mangaung-Metroraad se raadsvergadering Donderdag.

Netwerk24 berig die raadsvergadering het gepaard gegaan met ‘n vurige debat oor die aanstelling van Molefi Morake as waarnemende waarnemende burgemeester, weens die feit dat die huidige waarnemende burgemeester, Lebohang Masoetsa, ernstig siek is.

Luidens berigte het dr. Elizabeth Snyman van Deventer van die VF Plus uitgevaar teenoor die ANC oor die aanstelling.

Sy het gesê die ANC stel net belang in sy interne politiek en binnegevegte.

Sy het ook gesê dat die ANC probeer tyd wen sodat hulle Mlamleli na die munisipale verkiesing
weer in haar pos kan plaas.

Volgens DA-raadslid, Mokgadi Kganakga, is dit onwetting om nog ‘n waarnemende burgemeester in ‘n reeds waarnemende burgemeester se plek aan te stel.

Sy het gesê Mangaung moes lankal ‘n nuwe burgemeester gekry het.

Baba Sebolao van die EFF het die ANC vergelyk met ‘n sirkus en gesê die ANC stel net daarin belang om geld te steel.

Luister na potgooie hieronder