Aanbevelings in die finale verslag die George-gebou ineenstorting in die Wes-Kaap, sal volgens die nasionale minister van menslike nedersettings, Thembi Simelane, geïmplementeer word.
SABC News berig 34 mense is oorlede en verskeie ander is in die ineenstorting verlede jaar beseer.
‘n Verslag van die Nasionale Huisbouers Registrasieraad dui daarop dat verskeie prosedures nie gevolg is nie. Simelane sê sodra die verslag voltooi is, sal hulle aanbevelings na wetstoepassingsowerhede verwys vir moontlike kriminele aanklagte.
’n Afsonderlike verslag deur die Wes-Kaapse regering wat in Januarie afgehandel is, is volgens owerhede nie bekend gemaak nie sodat enige strafregtelike verrigtinge en polisie-ondersoeke nie in die gedrang kom nie.