Die Staatsveiligheidsagentskap sê die gerugte van ‘n geheime politieke operasie, genaamd Operasie Sibonkolo, is onwaar.

Dit volg na ‘n dokument, wat beweer dat die agentskap sekere politici ondermyn, versprei word.

Die agentskap sê dit het geen geheime operasie wat daarop gemik is om staatsmag te manipuleer nie en bestempel die valse inligting as afleidingstaktieke om die agentskap se reputasie te beskadig.

Hulle herhaal dat die agentskap se operasionele riglyne en toesigmeganismes op waardes van deursigtigheid gebou is.

error: Inhoud is beskerm !!