Die gesamentlike landbou-ontwikkelingsprojek van AfriForum, Saai en die Boiphitlhelelo Koöperatief by Noga’s Post in die Barolong Boo Seleka Koninkryk by Thaba ’Nchu het verlede week die projek se tweede graanoes gelewer.  Weens die hoë somerreënval in die 2021-plantseisoen kon hulle ongelukkig nie weer mielies aanplant nie.  Daar is besluit om koring te plant en hulle het agt-komma-vyf ton koring geoes en aan die OVK op Tweespruit gelewer.  Die hoof van Interkuruele Verhoudings en Samewerking by AfriForum, Barend Uys, sê die projek dien as ’n nederige voorbeeld van wat bereik kan word deur samewerking.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×