Die geskorste Mangaung-metro stadsbestuurder wil sy skorsing tersyde laat stel

Die geskorste stadsbestuurder van die Mangaung-metro in Bloemfontein, advokaat Tankiso Mea, beplan om hom tot die Vrystaatse hooggeregshof te wend.

Hy wil sy skorsing tersyde gestel kry, om met sy werksaamhede te kan voortgaan.

Volgens Netwerk 24 wil hy die spesiale virtuele raadsvergadering waartydens op sy skorsing besluit is, as onregmatig en strydig met die wetlike voorskrifte verklaar laat word.

Mea het tot dusver glo nog geen amptelike kennisgewing van sy skorsing ontvang nie, maar slegs ‘n brief dat die metro van voornemens is om hom te skors, weens ‘n ondersoek na beweerde wanadministrasie en wangedrag.

Luister na potgooie hieronder