Die komiteevoorsitter vir die Artikel 194-ondersoek, Qubudile Dyantyi, het die media gister toegespreek wat die finale pad vir die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane uitgespel het. Dit volg op die aanvaarding van die komitee se finale verslag waarin dit aanbeveel word dat Mkhwebane, uit haar amp onthef word op aanklagte van onbevoegdheid en wangedrag. Dyantyi sê die komitee het sy werk gedoen en die verslag is nie meer hul eiendom nie. Hy sê die Nasionale Vergadering moet nou ’n datum vasstel om vir Mkhwebane se verwydering te stem.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×