Die Gesondheidsdepartement het berigte ontken dat AstraZeneca nie medisyne in Suid-Afrika mag verkoop nie

 Die Gesondheidsdepartement het berigte ontken dat AstraZeneca nie medisyne in Suid-Afrika mag verkoop nie

Die Gesondheidsdepartement het berigte ontken waar beweer word dat die farmaseutiese maatskappy, AstraZeneca, nie medisyne in Suid-Afrika mag verkoop nie omdat hy na bewering nie die regte besit nie. Volgens berigte het AstraZeneca dit egter bevestig wat teenstrydig is met die regering.
Die regering sê egter gesprekke oor die betrokke entstof is in ‘n sensitiewe stadium.
Die regte word besit deur die Serum-instituut in Indië wat die grootste vervaardiger van die Oxford-AstraZeneca in die wêreld is.
Daar is ook kommer omdat die regering nie genoeg besonderhede oor ‘n tydraamwerk het vir wanneer die entstof beskikbaar sal wees nie.
Volgens Anban Pillay, adjunk-direkteur-generaal van die gesondheidsdepartement, sal alle inligting
aan die publiek bekend gemaak word wanneer dit beskikbaar is.

LeandreAdmin@