Die getal infeksies in die land wat die Coronavirus betref, bly tans onder 2 000

Die getal infeksies in die land wat die Coronavirus betref, bly tans onder 2000.
1 987 nuwe gevalle van die coronavirus is in die jongste verslagperiode aangemeld.
Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize sê in ‘n verklaring in dié tydperk is 17 930 toetse uitgevoer.
Nie minder nie as 119 sterftes is aangemeld.
Sedert die eerste gevalle van die virus in Maart aangemeld is, het 754 256 mense in die land die virus opgedoen, waarvan 92,4% herstel het.

Luister na potgooie hieronder