Dit is nié dat daar tot dusver vanjaar méér veldbrande in die Vrystaat is nie, maar die geweldige intensiteit van die brande, asook die aantal brande binne die bestek van ‘n kort tydperk, is ongewoon.
Savage Breytenbag van die Vrystaatse Sambreel-branbeskermings-vereniging sê meer as 273 000 hektaar weiding is van begin Mei tot einde Augustus in die provinsie deur vlamme verteer.
Hierdie skade is aangerig deur ‘n totaal van meer as 4 400 afsonderlike brande.
Volgens Breytenbach kan die Vrystaatse brandseisoen onder sekere omstandighede selfs tot in Desember voortduur.
Reinet Meyer, hoofinspekteur van die Bloemfonteinse tak van die Dierebeskermingsvereniging, gesels vanmiddag om half een in Rosestad-Soeklig oor die enorme impak van die veldbrande op die provinsie se kosbare diereryk.