Die gewilde Langenhovenpark se mark open weer Saterdag vir die publiek

Groot opgewondenheid heers onder Bloemfonteiners, na die aankondiging dat die gewilde Langenhoven-mark sy hekke weer vanaf 31 Julie vir die publiek open.

Leon Oosthuizen, bedryfshoof van die mark, het aan Bloemfontein Courant gesê, daar is ‘n positiewe gesindheid vanaf die SAPS se kant, dat die mark weer mag open.

Streng regulasies is egter neergelê.

Oosthuizen het ook gesê dat slegs Hek 12 ingang na die terrein sal bied.

Sam Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het bevestig dat die land nou regulasies vir vlak 3 van die nasionale inperking moet volg, en dus kan van die bedrywighede weer voortgaan.

Luister na potgooie hieronder