Die Golden Gate Hoogland Nasionale Park in die Oos-Vrystaat loop onder onwettige besetters deur.

Netwerk24 berig ‘n sensusopname toon dat meer as 1458 skape en 54 honde ook saam met die onwettige besetters in die park woon.

Paddy Gordon, wat die park die afgelope drie jaar bestuur, het gesê hulle doen alles binne hul vermoë en is besig met regstappe teen diegene wat die park onwettig beset of betree.

Volgens Gordon is daar aan diegene wat grondeise ingedien het, alternatiewe behuising buite die park toegeken, of vergoeding is uitbetaal.

Terwyl van hierdie besetters reeds self uit die park pad gegee het, het talle van hulle steeds vee wat in die park wei.

Kommer bestaan dat hierdie beeste veesiektes na wild in die park kan oordra.

Nog ‘n groot probleem is dat die besetters se honde op die park se wild jag maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×