Die goudprys het Dinsdag oggend tot bo $3000 per fynons gestyg.
Daar is al die afgelope paar weke voorspel dat die goudprys bo hierdie vlak kan verhandel.
‘n Ekonoom verbonde aan die Noordwes Universiteit, Waldo Krugell, sê in ʼn tyd van gesofistikeerde beleggingsoplossings is goud weer gewild.
Hy sê die huidige globale ekonomiese klimaat speel ook ʼn groot rol en baie ekonome verwys na goud as die Trump-trade.
LUISTER HIER: