President Cyril Ramaphosa sal na verwagting volgende week die regering se Grensbestuursowerheid amptelik in Limpopo bekend stel.

Presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê dié bestuursowerheid is formeel in April, as ‘n skedule drie openbare entiteit gefinaliseer. Dit stel die land in staat om ‘n geïntegreerde grensbestuurplatform te ontwikkel, ten einde veilige grense, sowel as veilige reis en handel te ondersteun.

Die eerste groep van 200 nuwe grenswagte is reeds in Augustus 2022 onder die vaandel van die Grensbestuursowerheid by verskeie grensposte gestasioneer.

Intussen tel die Maseru- en Ficksburg-grenspos in die Vrystaat, onder die ses Suid-Afrikaanse grensposte wat by wyse van ‘n multimiljardrand-plan
opgeknap gaan word. Rosestad-nuus het vroeër berig vee ter waarde van meer as ‘n miljard rand word jaarliks in die Vrystaat gesteel, en dat dit veral ’n probleem langs die grens met Lesotho is.

Die minister van binnelandse sake, doktor Aaron Motsoaledi, het gesê beter infrastruktuur en die jongste tegnologie sal die standaard van grensposbeheer en -bestuur merkwaardig verhoog. Daar is verlede jaar bykans 27 000 veediefstalsake landwyd aangemeld, waarvan minstens 3000 in die Vrystaat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×