Bewerings oor die oorvol Grootvlei-gevangenis by Bloemfontein gaan deur die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, ondersoek word.

Dit is na aanleiding van ‘n brief wat Netwerk24 ontvang het waarin daar beweer word dat gevangenis glo erger as diere behandel word.

Daar word onderandere beweer dat 82 gevangenes in ‘n sel met plek vir slegs 46 aangehou word, en dat die toestande in die selle ondraaglik is.

Volgens Groenewald sal die bewerings ondersoek word, maar daar is wel sommige bewerings waar meer inligting benodig word.

Hy sê dit is nie waar dat gevangenis nie behoorlike beddegoed, gebalanseerde maaltye en voldoende gesondheidsorg ontvang nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×