Die groep politieke partye en vakbonde wat Eskom en die regering hof toe sleep oor die voortslepende beurtkrag in die land sal dit op 20 Maart kan doen. Dit is dieselfde dag wat die EFF dreig om die land tot stilstand te dwing om juis teen beurtkrag te betoog. Die Gautengse Hooggeregshof het die datum vasgestel en sê dat die verhoor op 20 Maart deur ‘n volle hof aangehoor word. NUMSA-woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola sê die energiekrisis het die ergste impak op die armste inwoners van die land.