Die Grondwethof het uitspraak voorbehou in die Verkiesingskommissie se aansoek oor die uitstel van die plaaslikeregeringsverkiesing

Die Grondwethof het uitspraak voorbehou in die Verkiesingskommissie se aansoek oor die uitstel van die plaaslikeregeringsverkiesing. Die kommissie en ‘n aantal politieke partye en burgerlike organisasies het gister voorleggings vír of téén die aansoek in die hof gedoen. President Cyril Ramaphosa het vroeër vanjaar aangekondig dat die verkiesing op 27 Oktober sal plaasvind, maar die kommissie wil dit weens die Covid-19-pandemie tot volgende jaar laat uitstel.

Luister na potgooie hieronder