Die Grondwethof het die poging deur Moroadi Cholota om haar uitlewering nietig te laat verklaar, van die hand gewys.
Cholota, eertydse persoonlike assistent van voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, word saam met hom en andere aangekla in die R255-miljoen Vrystaat-asbesdaktender-korrupsiesaak.
Daar is vroeër berig die VSA – waar Cholota sedert April aangehou word – is gereed om haar aan Suid-Afrika uit te lewer om die aanklagte teen haar in die gesig te staar.